top of page
Lekkerbly Logo_edited.jpg

Ons hoop dat al die drome wat u vir u kind het sal waar word. Meer belangrik nog, dat hulle as gelukkige kinders sal groot word. Ons as naskool is hier om te help bou aan daai drome. So kontak ons gerus as ons kan help of om ‘n afspraak te maak om te gesels. 

 

Lekkerbly Naskool is op Menlopark Laerskool se terrein sentraal geleë, tussen die twee sportvelde, tennisbanne en krieketnette. Hier speel ons lekker, want daar is baie plek vir hardloop, balskop en maatjies maak.

 

Leerders ontvang middagetes en word deur ons opgeleide personeel daagliks bygestaan met huiswerk. 

 

Ons is vakansies oop en sluit die laaste Vrydag voor die 16de Desember, dit gee vir ons werkende ouers die gemoedsrus dat daar tydens vakansies ook vir hulle kinders voorsiening gemaak word. Ouers wat wisselvallige skedules het, is ook welkom om van ons gebruik te maak op ‘n dag tot dag basis.

  • Facebook

Hier speel en leer ons lekker

Kindervriendelike Kos

Vol magies konsentreer beter

Lekkerbly Naskool bied kindervriendelike kos om magies vol en gelukkig te hou. Middagete en koeldrank word bedien direk na skool. 3uur elke middag word 'n versnappering van vrugte of broodjies bedien, die snoepie maak ook 3uur oop vir die ouers wat 'n geldjie wil saam stuur vir 'n lekker of chips. 

Tuis: Courses

Kontak Lekkerbly Naskool

065 567 4138

Dankie vir die navrae!

children-310223_960_720.png
bottom of page